
Wat het van ons raadslid Matthys van Tonder geword? Hy was so ‘n aktiewe raadslid. Hy het die Paul Kruger-saal leeggekry van die plakkers, en die swembad laat herstel.
Hy was die Hoofsweep van die DA aan die Wes-Rand en was die vredemaker by die betogings by West Village. Hy het gesorg dat die strate in Krugersdorp-Wes skoon gehou word.
As jy oor enige probleme geskakel het, het Matthys gesorg dat die aandag kry, maar hy is skielik verwyder.
Dit is baie jammer dat hy nie weer as kandidaat beskikbaar was nie. Was daar ‘n ander magspel agter die troon sodat hy deur senior lede uitgeskuif is, of was dit net ‘n poging om van kandidate ontslae te raak?
Navrae by die DA-kantoor lewer net swye. Ek vra net oor iets wat gewerk het.
Matthys, baie dankie vir jou toegewyde werk vir ons gemeenskap.
