
Ek woon van waar ek kan sien op die hoek van Munsie- en Humanstraat. Humanstraat is die hoofstraat van Krugersdorp wat na Krugersdorp-Wes loop en Munsiestraat is die pad van Randfontein wat dele van Munsieville en verskeie Krugersdorp-uitbreidings verbind.
As gevolg daarvan is dit ‘n baie besige kruising. Verskeie ongelukke gebeur daar, en daar is al ‘n vrou oorlede en mense beseer.
Die rede – die meeste mense stop nie by die kruising nie, ook nie vragmotors en taxi’s nie. Skoolbusse gebruik ook die pad. Die oortreders se redes is, “hoekom moet ek stop as ander nie stop nie?”
Ek waarsku net padgebruikers om uiters versigtig by die kruising te wees. Daar moet eintlik ‘n verkeerslig of vierrigtingstop aangebring word, maar dit sal seker nooit gebeur nie.
