LettersOpinion

Wie het rumoer goedgekeur?

Wil weet van Krugersdorp-Noord skryf:

Ons as inwoners van Krugersdorp het nou al te veel oor hierdie oorverdowende geraasbyeenkomste gekla wat onder die vaandel van Erfenisdagviering aangebied word.

Waarom aanhou tot 3.15nm? Ons leef in SA waar menseregte aan die orde van die dag is en tog word slegs een groep se regte eerste gestel.

Agtduisend mense se rus word deur ‘n duisend onopgevoedes versteur. Wat het geword van die munisipale wet op rusverstoring/ geraas na 10nm? Is dit net van toepassing op sekere groepe?

Bestuurders onder die invloed word nie gearresteer nie. Waarom nie? Volgens my kan hierdie soort geraasbyeenkomste nie verhoudings tussen rasse verbeter nie. Kan dit nie in die toekoms in Kagiso aangebied word nie?

Moontlik is dit juis die doel om die meerderheid uit te sluit. Die belastingbetaler het duisende rande opgedok aan opgradering van die stadion. Kom ons kyk of ons nie almal se menseregte kan respekteer nie. As dit te veel gevra is, moet die tyd om op te hou 10nm wees.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button