LettersOpinion

Baie dankie vir jou puik diens Riette

Annette Calitz-Malherbe van Krugersdorp skryf:

My dogter is onlangs getroud. Hulle het net vir ‘n paar dae van Suid-Korea af, waar sy pastoor van die Christelike Kerk is, gekom om in haar land te trou.

Ons het die aand voor die troue by ‘n karavaanpark en vakansieoord geslaap waar sy aangetrek het ensovoort. Hulle het hul wittebrood ook daar in een van die houthuise deurgebring.

Riette was ongelooflik. Ons is bederf met ‘n fantastiese ontbyt, keurige gedekte tafel, blomme en sjokolade in die kamer, blomme op die ontbyttafel en ongelooflike persoonlike aandag en detail.

In die wittebrood-huisie het sy vir hulle sjampanje gereed gehad en roosblare tot in die kamer, met ‘n pragtige rooshart op die bed! Ons is so geseënd en bederf.

Waar kry ‘n mens nog soveel aandag en detail teen geen ekstra koste nie? Dankie Riette, jy het die dag ekstra spesiaal gemaak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button