LettersOpinion

‘n Ope brief aan ons DA-raadslede

Anoniem van Krugersdorp skryf:

Hierdie brief is spesifiek vir ons DA-raadslede. Graag sal ek wil weet of ons tot die volgende verkiesing moet wag om enige werk van die DA te sien.

Krugersdorp word beskou as een van die vuilste dorpe. Mens wil nie meer deur Krugersdorp ry nie, dis vuil en mens kry eintlik skaam om te sê jy woon in Krugersdorp.

Elke Sondag, na die veiling van die Saterdag, wil mens huil so vuil is dit van die rommel. Krugersdorp is beslis een van die groot oorsake van die besoedeling in ons damme en riviere.

Gaan ons meer polisie en Metro-polisielede sien, of moet ons maar soos gewoonlik op ons sektorpolisie se dienste staatmaak?

Ek dink die DA het hul stemme deur ons as gemeenskap verdien, en dis nou tyd om die gemeenskap te wys julle gaan (wil) ‘n verskil maak om ons dorp skoner en veiliger te maak.

Ons soek tog ‘n veilige omgewing vir onsself en ons kinders. Ons wil weer trots wees om te sê ons woon in Krugersdorp.

* Die brief is aan Alan Fuchs, Kiesafdelinghoof van die DA in Mogale City gestuur vir kommentaar.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button