
Ek antwoord op die brief wat ‘n Jeromi Cluster-inwoner onlangs vir die News geskryf het.
Ek weet nie hoekom almal moet kla oor iets wat vir ons almal voordeel inhou nie. Ek stem saam dat dit nie altyd plesierig is nie, maar gaan kla help?
Jammer vir die ongerief maar dis vir toekomstige gerief.
Gaan dit nie al te lekker wees om ‘n winkelsentrum op ons voorstoep te hê en ‘n dubbelpad wat so gerieflik gaan wees nie?
‘n Professor het eendag voor sy klas gestaan met ‘n inkkol op sy spierwit hemp.
Hy vra toe vir die studente hulle moet vir hom sê wat hulle aan hom sien.
Driekwart van die klas het gesê hy het ‘n inkkol op sy wit hemp. Die res het gesê hy het ‘n inkkol op sy spierwit hemp.
Gaan staan en ruik die rose, sien die inkkol op die spierwit hemp raak en hou op kla.
Jy maak jouself net sielsongelukkig.
