LettersOpinion

Waar is ons water dan heen?

SA Matthee van Krugersdorp skryf:

Ons watermeter het op 1 Augustus besluit hy gee nie my nuwe maand se lesing in nie.

Ek het navraag gedoen en die munisipaliteit het my meter kom oopstel. Maar ons het elke maand R100 se water gekoop met die doel om water op te bou vir die dag wanneer ons nie water kan koop nie.

Sodoende het ons nog nooit meer as ons gratis water gebruik nie. Ons ses kiloliter en die ekstra wat ons gekoop het, was veronderstel om gespaar te wees.

Nou is die nuwe meter geïnstalleer en al ons gespaarde water het verdwyn. Toe ek die man wat die werk verrig het, gevra het waar my gespaarde water is, het hy sy skouers opgetrek en voorgestel dat ek met iemand by die munisipaliteit daaroor gaan gesels.

Hy het vir my ‘n kontaknommer gegee, maar daardie persoon antwoord nie sy foon nie.

En niemand anders glo my nie. Ek het elke maand my ou en nuwe lesing neergeskryf so ek het bewyse dat ek water gespaar het.

Is ons nou weer slagoffers van die munisipaliteit se swak diens?

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Janine Viljoen

Janine Viljoen is a seasoned journalist with more than 17 years’ experience. She has worked as a newspaper editor, mentored numerous journalism students, and is currently the sub-editor for the award-winning Caxton Joburg West publications. Her passion lies in developing young journalists and telling compelling human-interest stories.
Back to top button