
Ek wil net weet, sonder ‘n plaaslike DBV, waar kan ons hulp kry?
Ek wil ook weet wat is die wetgewing oor honde met ‘n loopband. Waar mag hulle loop en hoe? Hoekom ek vra, ek het ‘n probleem met rondloperhonde, wat ‘n band aan het, wat ander honde in die omgewing byt, met nagevolge wat koste meebring.
Volgens my moet honde mos in ‘n erf toegemaak word want as die hond buite ronddwaal veroorsaak dit net probleme of ‘n ongeluk, wat alreeds gebeur het.
Daar word net geen beheer toegepas nie. Daar is ook nie beheer oor honde wat net blaf en blaf nie, maar mense kla vinnig oor vergiftigings.
Ek hoop met die komende vakansie sal daar na die honde gekyk en hulle versorg word. Van die honde-eienaars maak ook nie hulle plek skoon nie en dit stink baie.
Is dit so ‘n groot werk om honde aan te hou? Van die honde sit partykeer in die hek vas en niemand kan help nie. Wat moet gedoen word in so ‘n situasie?
Mense, sorg asseblief net dat julle honde in julle erwe toegemaak word sodat hulle julle nie in die moeilikheid bring nie. As julle met vakansie gaan, maak voorsiening, dis so eenvoudig.
* Dankie vir jou brief. Die Krugersdorp se Dierebeskermingsvereniging (DBV) val onder Johannesburg DBV. Vir enige navrae of noodgevalle in die dorp, skakel gerus 072 295 5116 – Red.
