
Ek lees van die arme twee manne, Willem Oosthuizen en Theo Martins Jackson wat ‘n swart betreder in ‘n kis gesit het om hom die skrik op die lyf te jaag.
Ek sien ook dat dit in Augustus gebeur het, so die klaer het nie gaan kla nie. Ek sien Solidariteit het ook ‘n hartaanval gekry en ou FW de Klerk het sy broek natgemaak.
Die EFF en ANC het met busse vol luidsprekers die hof bestorm en natuurlik het almal ‘n eiertjie gelê.
Nou vra ‘n mens, as dit ‘n wit man in die kis was, wat sou gebeur het?
Al hierdie bogenoemde verskrikte hoenders moet liefs nie na Leon Schuster se flieks gaan kyk nie.
Almal weet van die kis-episode, die slang-episode, die hoenders en speedcops-episode.
Ou Leon sal ook moet pa staan vir sy simpel humor.
Hy maak gekke van ons regeerders en laat dit lyk of hulle net 17 jaar oud is.
Ek hoop iemand bring dit onder Malema se aandag sodat hulle na Leon se huis kan opruk.
Ek dink ‘n goeie prokureur behoort hierdie manne maklik vry te kry en sommer die Staat dagvaar vir onwettige arrestasie.
