LettersOpinion

Wie het dammetjie se visse vergiftig?

Sarel Smit van Noordheuwel skryf:

Iemand het die water van die dammetjie in Noordheuwel vergiftig en ek het 15 dooie visse uitgeskep. Twee daarvan was Koi-visse. Daar het ook wit slym by hul bekke uitgeloop.

Baie inwoners rondom hierdie dam (die stroom langs Robert Broomrylaan as jy van die Sasol-vulstasie na die Plantland vloei na die dam ry) gebruik van die water vir hul diere.

Ek is een aand deur ‘n persoon daar weggejaag toe ons visvang. Die persoon het op ons afgestorm en geskree. Hy het ook ‘n vuurwapen by hom gehad. Ons is gesê om die perseel te verlaat. Hy het ook gesê hy is ‘n advokaat en hy sal die polisie bel. Hy het ook gesê dat ons ‘n aandeel het in ‘n klomp inbrake wat onlangs daar plaasgevind het.

Ons het gesê ons vang al jare daar vis en hoe kan hy sê ons is deel van die inbrake? Hy het ons meegedeel dat hy nie omgee nie, hy is ‘n advokaat en sal maklik bewyse teen ons kan kry. Hy het ook gesê hy gaan die visse vergiftig.

Ek sê nie dat daardie man die dam vergiftig het nie, maar dit het my laat wonder …

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button