LettersOpinion

Baie dankie vir alles

Nadia Smith van Krugersdorp skryf:

‘n Spesiale dankie gaan aan Lucy, Michelle, Poppie, Joice, Karina, Ouma Lenie, Christene, Rochelle, Violet en Tanya. Ons dankbaarheid het geen einde nie. Dankie dat julle dag in en dag uit daar is vir ons kosbaarste kinders.

Lucy – jy het ‘n uitstekende dagsorg. Ons is trots om te sê dat ons kinders deel is van jou skool. Altyd netjies. Altyd skoon. Vriendelike personeel. Fantastiese diens.

Dankie dat jy altyd almal so vriendelik groet, altyd help waar jy kan en dat jy die kinders in jou skool se belange op die hart dra. Ons waardeer jou!

Michelle – dankie dat jy altyd so perfek is in jou klas. Higiëne en netheid is so belangrik vir jou. Dankie dat jy elke liewe kindjie in jou klas met soveel liefde en geduld hanteer. Jy is onvervangbaar!

Poppie – al jou vriendelike laggies, jou speletjies, jou liefde en geduld. Jy speel ‘n groot rol in die kinders se lewens.

Joyce – jy glimlag altyd! Die kinders voel jou liefde aan. Jy is so rustig en liefdevol. Jy help so baie. Dankie vir jou tyd wat jy aan die kinders spandeer, saam met hulle lag en speel. Jy beteken vir almal meer as wat jy besef. Dankie daarvoor.

Karina – jy speel altyd so lekker met die kleintjies. Hulle wil jou altyd net drukkies gee, want hulle weet hulle is veilig by jou. Dankie vir jou harde werk, geduld en liefde waarvan jy elke dag so baie het.

Ouma Lenie – dankie vir al tannie se harde werk met die naskoolsentrum se kinders. Dankie vir tannie se omgee en liefde, dankie dat tannie soveel moeite en tyd insit om kinders te help met huiswerk. Tannie maak baie ouers se werk ligter.

Christene en Rochelle – baie dankie dat julle altyd ‘n ogie hou oor die kinders, dat julle altyd vriendelik is en dat julle altyd die vrede bewaar tussen die klomp woelwaters.

Dankie vir alles wat julle doen. Dankie dat julle die kinders help en dat julle altyd beskikbaar is op die speelgronde as iemand seerkry, nie ‘n maatjie het nie of sommer net vir juffrou ‘n drukkie wil gee en vertel van hulle ‘stories’.

Aan Violet en die tuiniers, baie dankie vir die skoon klaskamers en die skoon speelgronde; sonder julle sou dit nie moontlik wees nie.

Tanya – baie welkom, ons glo dat jy baie gelukkig gaan wees, dat jy ‘n sterk band met die kinders gaan bou en dat jy gaan groei in jou klas.

Emmers vol liefde en 1 000 drukkies vir elke woordjie van wysheid, elke drukkie en elke skietgebedjie. Dankie dat julle deel vorm van ons kinders se ontwikkeling, vreugde en spesiale oomblikke. Ons besef julle is lang ure op julle voete en ons waardeer dit.

Woorde kan skaars beskryf hoeveel julle teenwoordigheid vir ons beteken. Tog hoop ons hierdie woorde is genoeg om ons innige dankbaarheid oor te dra.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button