Die onkreukbare joernalis, Hennie Serfontein wat onlangs sy laaste asem uitgeblaas het, oordeel en beskuldig vir my ‘Johannes’ dat ek ‘n sondaar is – sy woorde: Apartheid is sonde …
In my oë is Zuma die vader van korrupsie, omrede hy en die volk probeer mislei het met die woorde “korrupsie is maar net ‘n Westerse konsep”. Ek sonder myself van hom af.
So ook Winnie Mandela, die moeder van die necklace-metode. Sy het die kind Stompie, die eerste slagoffer van die necklace-metode vermoor, om sodoende die swart volk te waarsku: stem ANC of dieselfde gaan met julle gebeur. Ek sonder myself van haar af.
Zwane besteel die myne. Molefe besteel Es(v)kom. Prasa besteel die spoorweë. Guptas steel die land Suid-Afrika.
Nooit weer sal daar ‘n staatsinstelling wees wat reg funksioneer nie. Die ANC-regering is die alfa en omega van Suid-Afrika se ondergang.
Vir vyftigmiljoen ANC-ondersteuners sal ek, ‘Johannes’, ’n sondaar bly. So what!
