LettersOpinion

Lof vir Mogale se uittredende lisensiehoof

Tjaart Steenkamp, VF Plus-raadslid in Mogale City, skryf:

Frans le Roux, Mogale City se pas afgetrede lisensiehoof, se onberispelike reputasie is beslis ‘n voorbeeld wat deur elke munisipale amptenaar nagevolg kan word. Nie net in Mogale City nie, maar deur die hele land.

Le Roux het 45 jaar gelede as jong verkeersbeampte by die destydse Krugersdorp-munisipaliteit begin werk. Hy het homself deur die jare bewys en is later as verkeershoof aangestel. In 2007 het hy lisensiehoof geword.

Onder sy leiding is Mogale City vele kere aangewys as die beste lisensie-afdeling in die land – ‘n reputasie waarmee min munisipaliteite kan spog. Die VF Plus hoop dat die persoon wat hom opvolg sy goeie werk sal voortsit.

Ek het nou met Le Roux saamgewerk, veral toe hy die pos as burgemeesterslid oor openbare veiligheid gedurende die koalisieregering in Mogale City beklee het.

Die VF Plus wens Le Roux ‘n welverdiende rus toe. Mag u aftrede slegs ‘n nuwe seisoen in u lewe wees waar u kan fokus op stokperdjies en kwaliteittyd saam met geliefdes kan deurbring. Mogale City sal u mis.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button