
Bonné de Bod van Rhino Blog-faam op DStv Kanaal 180, kom terug van Viëtnam af waar sy, volgens haar, renosterstropery bekamp het. Hoekom nie plaasmoorde nie? Die belastingbetaler het natuurlik vir haar retoerkaartjie en verblyf daar vir twee weke betaal. Onnodig, volgens Outa (Organisation Undoing Tax Abuse).
Die ANC-regering gebruik duidelik die De Bod-vrou om elke stoere boer te probeer wysmaak dat ‘n dooie renoster baie meer geld werd is as ‘n oorle’ plaasboer (Mammon).
Dieselfde regering bie nou vir die 2023 Wêreldrugbytoernooi. My magtag man, net gister is 36 Nederlandse toeriste deur ‘SAPD’-lede op hul toerbus beroof en aangerand.
Die gemors gebeur juis nadat die minister van polisie gewaarborg het dat OR Tambo-lughawe se veiligheid verdriedubbel en heelwat opgeskerp is.
Die toeriste van 2023 weet nie wat op hulle wag nie.
