LettersOpinion

Hulp of uitbuiting?

George Horne van Krugersdorp skryf:

‘n Ou kennis het onlangs by my aangeklop op soek na los werkies. Hy gaan deur ‘n moeilike tyd en sukkel om werk te kry. Ek is steeds besig om hom positief te ondersteun sodat hy sy lewe kan verbeter.

Deur my navrae het ek onder andere die volgende inligting bekom. Hy, sy vrou en twee skoolgaande kinders bly in ‘n sogenaamde ‘huis van veiligheid’. Die toestande grens aan haglik, die kamertjie is te klein om ‘n kat te swaai en die mense wat daar bly besteel mekaar.

Omdat hierdie tipe behuising bedoel is om mense sonder heenkome te help, kan ‘n mens verstaan dat die blyplek nie noodwendig voldoen aan vyfster-standaarde nie. Ek het altyd my hoed afgehaal vir mense in beheer van hierdie plekke, omdat hulle hul harte oopgemaak het vir die arme mense. Die kos wat vir aandete en ontbyt aangebied word, is gewoonlik ook donasies.

By nadere ondersoek verneem ek egter dat dié huis, wat dalk so groot is soos twee woonhuise, R20 verblyf per dag vra. My kennis, sy vrou en kinders betaal dus R80. Dié inkomste word verkry uit elke dag se los werkies of straatbedelary. Dit klink nie na so ‘n uitspattige bedrag nie, todat ek sommetjies begin maak het.

Daar is tans 70 mense wat in die plek woon. Gemeet oor 30 dae is dit ‘n inkomste van so R42 000 per maand. Dit is ‘n halfmiljoen rand per jaar, en dit sluit nie al die boetes vir ligte wat ‘n minuut langer brand, ‘n stort wat langer as twee minute loop, of ‘n horde ander boetes in nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button