
Krugersdorpers het ‘n enorme probleem met die stadsraad se gebou in die dorp.
Indien jy op die aanbevole parkeerplek in Krugerstraat parkeer, is daar net een manier om by die water-en-ligte-afdeling uit te kom en dit is om die drie reuse stelle trappe uit te klim, plus nog trappe om op die vlak van die ingang by die kantore te kom.
Die hysbak is blykbaar al nege maande buite werking. Die rollerdeur by die ander ingang met minder trappe is ook buite werking! Hoe gemaak met ou mense en nog erger, met mense in rolstoele of op krukke?
Die vorige ramp wat daar was vir toegang tot die parkeerarea is afgeblokkeer met ‘n permanente heining. Dit sal nog nie die probleem van rolstoele uitskakel nie maar is net meer aanvaarbaar vir ou mense.
Ek het probeer om ‘n klagte by die Burgemeesterskantoor in te dien, wat my op hul beurt verwys het na die munisipale bestuurder. Nodeloos om te sĂȘ, na nog vele stelle trappe het dit my ook niks gebaat nie.
