
Waterpype in ons area, spesifiek Wentworthstraat en Hoofrifweg, is in die nabye verlede vervang, gepaardgaande met groot ontwrigting vir ons as inwoners.
Tot ons verbasing blyk dit dat dieselfde pype weer vervang moet word! Verlede week het die nuutste kontrakteur my handtekening verlang as magtiging dat foto’s van die sypaadjies geneem kan word sodat alles weer in plek sal wees na die tyd.
By navraag word te kenne gegee dat die waterdruk te laag is in die area aangesien die pype “baie oud” is. Presies wat is dan ‘n jaar of twee, drie gelede gedoen?
Wie moet opdok vir dieselfde werk wat oorgedoen word? Waar is die waghonde wat hierdie aksies moet monitor?
Sekerlik moet die vorige kontrakteur verantwoordelik gehou word indien dit blyk dat hul werk nie op standaard was nie.
