LettersOpinion

‘n Bietjie goeie nuus!

Annalene Mandl van Krugerdorp skryf:

Al wat mens deesdae in tydskrifte en koerante raaklees is klagtes!

Daar is twee mense wie se diens ek wil komplimenteer, en dit oor die feestyd terwyl al die besighede dubbel so besig was, en mense haastig wou doen wat gedoen moes word. Op 28 Desember het ek petrol ingegooi by die vulstasie net onderkant Dr Yusuf Dadoo Hospitaal. Die joggie, Tseki Rathebe was so vriendelik en behulpsaam dat my dogter opgemerk het dat sy wens alle mense wil so vriendelik wees. Baie dankie, Tseki – jy is ‘n aanwins vir jou werkgewer!

Op 31 Desember moes ek my motorlisensie hernu, maar ek het nie weer kans gesien vir die ure in ‘n ry staan by die lisensiekantore nie. Masechaba by ‘n plaaslike kruidenierswinkel het die hele proses aan my verduidelik, en my so vinnig en flink bedien dat ek vyf minute later reeds klaar was met die transaksie. Dankie Masechaba – dis mense soos jy en Tseki wat die lewe aangenaam maak deur vinnige en vriendelike diens te lewer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button