LettersOpinion

Wat gaan aan by lisensiekantoor?

Willem Swanepoel van Krugersdorp skryf:

Ek het my seun na die Lisensieafdeling geneem omdat hy dringend sy bestuurderslisensie moes hernu (sy werk hang daarvan af).

Wat ’n verrassing toe ons die kennisgewing op die deur sien dat jy ’n afspraak moet hê. Ons het ’n afspraak probeer maak maar nie een lisensiekantoor in die hele Gauteng het een beskikbare plek nie. Hoe moet ek dan ’n afspraak maak?

Boonop vertel iemand vir my dat ek wel binne ’n week of so ’n afspraak kan kry as ek ’n sekere persoon R100 betaal. Is dit nog ’n stukkie korrupsie wat kop uitsteek?

Ek hoop dat iemand vinnig iets kan reël aangesien ek Mogale Munisipaliteit persoonlik vir enige skade aanspreeklik sal hou.

Boonop sal ek ‘n ondersoekende joernalis kry om hierdie aangeleentheid deeglik te ondersoek.

* Baie dankie vir jou skrywe, Willem. Die artikel Bribery at Licensing Department wat op die voorblad van the 17 Januarie-uitgawe van die News verskyn het, handel oor die beweerde korrupsie. Mogale City Plaaslike Munisipaliteit vra dat indien korrupsie opgemerk word, dit dadelik by die Lisensiekantoor se bestuur aangemeld word. — Red.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button