LettersOpinion

‘n Slang in die gras by rybewyshernuwings?

Billy en Lynette van Krugersdorp skryf:

Graag sluit ek aan by Willem Swanepoel se skrywe wat in die 31 Januarie-uitgawe van die News verskyn het oor sy ervaring met die lisensiekantoor.

Ons drywer moet sy lisensie hernu. Hy besoek Roodepoort se lisensiekantoor net om ingelig te word dat die aansoek aanlyn gedoen moet word (wat doen die mense wat nie rekenaars het nie?).

Dus val die verantwoordelikheid op my. Ek besoek die webtuiste van Mogale City se lisensie-afdeling. Daar word jy versoek om jou belangrike inligting te verskaf; ID, land van herkoms, eposadres ens. Nadat al die inligting verskaf is, verskyn daar ‘n tabel met die lisensiekantore.

Langs elke kantoor staan daar ‘no slots available’ … so probeer ek ‘n hele week en al wat ek kry is, ‘no slots available’.

Uit desperaatheid sit ek af lisensiekantore toe net om verwys te word na die inligtingtoonbank. Daar vertel die man vir my dat slegs persone ouer as 60 daar kan kom sit vir die hernuwing van hul lisensies. En kan hy dan vir my goeie advies gee?

Ek doen aansoek vir ‘n tydelike lisensie waarvoor ek moet gaan sit en wag en betaal. Dié lisensie is geldig vir ses maande, intussen kan ek dan aanhou probeer vir ‘n gleuf aanlyn om ’n afspraak te maak.

Ek kan ook 7vm op die webblad ingaan, want die kanse is goed dat ek dan ‘n gleuf sal kry.

Daar is ‘n bestuurskool by die lisensie-afdeling en soos ek verstaan, betaal jy hulle R80 vir iemand wat heeldag aanlyn op die rekenaar is.

Sodoende is die kans goed dat jy wel ‘n afspraak sal kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button