LettersOpinion

Vir ‘n beter en skoner Wyk 18

Dr Andries Eksteen, raadslid vir Kenmare, Silverfields en Breaunanda skryf:

Ek doen gereeld rondtes in my wyk om te evalueer of aandag gegee is aan sake rakende infrastruktuur.

So was daar onlangs weer so ‘n dag. Dié keer het my vrou, Ina, ‘n eiendomsagent, besluit om saam te ry en te help.

Tydens die besigtiging is ‘n hele paar sake opgevolg en ook nuut aangemeld. Ina noem dit ‘n tipiese dag in die lewe van ‘n raadslid. Tussendeur is daar kort-kort ‘n WhatsApp, SMS of oproep wat deurkom op my twee fone om alles te kan hanteer.

Die onlangse dood van die burgemeester het ‘n stilstand op vele areas teweeg gebring en ek is oorval met klagtes van fone wat net lui by die munisipaliteit, oor munisipale rekening-navrae, lang gras wat slange lok na huise, water wat in die strate afstroom, gate in die paaie … om maar net ‘n paar goed te noem.

Dinge is nie so eenvoudig soos dit somtyds lyk nie. Die raadslede verteenwoordig hul inwoners by raadsvergaderings maar het nie die outoriteit om opdrag te gee vir munisipale werknemers om hul prioriteite en beplanning te kan bestuur nie. Die probleme wat gerapporteer word, word slegs onder die aandag van ‘n spesifieke munisipale bestuurder of toesighouer gebring.

Verder het begroting wat gesnoei is ook ‘n uitwerking op prioriteite en herstel van infrastruktuur.

Ek doen ‘n beroep op my inwoners om te help met die skoonmaak en instandhouding van hulle sypaadjies, en met die opruim van rommel – dit sal bydra tot ‘n ekovriendelike omgewing,.

Indien daar enige munisipale probleme is, neem ‘n foto en stuur dit, met die straatadres en tipe probleem, na 067 853 4942.

Verder is daar ‘n WhatsApp-groep wat goed werk en indien jy jou naam bygevoeg wil hê, kan jy jou besonderhede ook na bogenoemde nommer stuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button