LettersOpinion

Werk die dorp se brandkrane nog?

Besorgde inwoner van Kenmare Uitbreiding 4 skryf:

Ons gaan in ‘n tydperk van die jaar in waar baie veldbrande kan ontstaan. Ons bly op die grens van die Kloof.

Wat my hoofsaaklik bekommer is dat die brandkraan op ons sypaadjie voor ons huis heeltemal toegegroei was met gras. Ons het die gras verwyder. Hoeveel ander brandkrane in ons dorp is nie ook toegegroei onder gras nie?

Wanneer laas het die brandweer hierdie brandkrane nagegaan en getoets om te sien of dit nog in werkende toestand is?Die lamppale is gemerk, maar die meeste van die verf het al afgedop. Wie se verantwoordelikheid is dit om dit in stand te hou?

Ons as burgers van die dorp, of die gemeenskapsdienste/ brandweer van ons dorp? Wat gaan die brandweer doen as daar ‘n brand in ons straat uitbreek? Eers die gras verwyder, dan toets of die kraan nog werk? Teen daardie tyd het alles al afgebrand.

Daar moet werklik iets gedoen word. Krugersdorp is besig om baie vinnig nog verder agteruit te gaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button