LettersOpinion

Buitensporige hoë diensterekeninge weens lang inperking

Tjaart Steenkamp, VF Plus-raadslid: Mogale City Plaaslike Munisipaliteit skryf:

Die Mogale City Plaaslike Munisipaliteit (Krugersdorp, Tarlton, Magaliesburg, Muldersdrift en Munsieville) se onvermoë om inwoners se water- en elektrisiteitsmeters gedurende die eerste gedeelte van die grendeltydperk te lees, het tot gevolg dat huiseienaars aan die einde van die maand sowat 30 persent meer gaan betaal vir dié dienste.

Die VF Plus is reeds in gesprek met die munisipale bestuurder omdat dit onregverdig is om belastingbetalers verder onder finansiële druk te plaas deur die bedrag eenmalig te verhaal.

Gedurende die grendeltydperk is die verbruik van ‘n gemiddelde somermaand gebruik om Mei en Junie se rekeninge te bepaal.

‘n Werklike meterlesing is eers gedurende die tweede week van Julie geneem wat oor ‘n periode van ses weke strek. Hierdie tydperk is twee weke langer as dié van normale lesings.

‘n Bydraende faktor tot die hoë rekeninge is die feit dat mense genoodsaak was om tuis te bly weens die Covid-19-inperking en dus meer water en elektrisiteit gebruik het.

Ons sal volgehoue druk op die munisipaliteit plaas om die betaling van rekeninge eerder oor ‘n paar maande te versprei sodat verbruikers nie onregverdig finansieel belas word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button