LettersLocal newsMunicipalOpinion

BRIEF: G’n probleem met my elektrisiteitsrekening

Krugersdorp-Noord inwoner kan met sekerheid sê dat hulle slegs betaal vir die tye wat hulle wel krag het en dat Mogale City hulle nie verneuk nie.

• Marita Janse van Vuuren van Krugersdorp-Noord skryf:

Met die huidige debat en inwoners van Mogale City wat kla oor stygende rekeninge ten spyte van die oneindigende beurtkrag, is ‘n mens elke maand half benoud wanneer dit tyd word om jou Mogale City rekening af te laai.

• Lees ook: LETTER: Load-shedding and unchanged electricity bills. How? 

Groot was ons verbasing toe my man ons September-rekening aflaai. Ons totale rekening was amper R700 goedkoper as die vorige maand! Ons merk toe op dat die elektrisiteitsverbruik heelwat minder was. In my ongeloof gaan kyk ek toe na die laaste drie maande se elektrisiteitsverbruik en vind toe die volgende uit:

Juliemaand se meterlesing datums was van 17 Junie tot 12 Julie (30 dae) waar ons 500 eenhede verbruik het (‘n gemiddeld 16.6 eenhede per dag). Ons elektrisiteitsrekening was R1 001.25.
Ons erf het twee huishoudings met ‘n totaal van vyf volwassenes.

Augustusmaand se meterlesing datums was vanaf 12 Julie tot 17 Augustus (37 dae) waartydens ons 636 eenhede verbruik het (‘n gemiddeld van 17.1 eenhede per dag). Die elektrisiteitsrekening was R1 273.59.

• Lees ook: LETTER: The more load-shedding there is the higher my account! 

Septembermaand se meterlesing datums was vanaf 17 Augustus tot 14 September (28 dae) waartydens ons slegs 250 eenhede verbruik het (‘n gemiddeld van 8.9 eenhede per dag) Die elektrsiteitsrekening was R500.63.

Uit die inligting hierbo kan ek dan met sekerheid sê dat ons slegs betaal vir die tye wat ons wel krag het en dat Mogale City ons nie verneuk nie. Ons kan maar net hoop en bid dat dit so bly en dat ons nie ook een of ander tyd ‘n onwelkome verrassing kry nie.

• Lees ook: Gee my krag! 

Check Also
Close
Back to top button