• Vernon Cox skryf:
Ongeveer twee maande gelede het ek ‘n brief aan die News gerig oor ‘n waterpyp-lekkasie voor Gouldstraat 12 in Krugersdorp-Wes. Die water het uitgestroom vir 48 uur. Julle sal rekord hê daarvan, dink ek.
Uiteindelik het hulle dit reggemaak!
Maar nou ná twee maande vra ek, al drie keer … wie gaan die sloot kom teer? Party vra … wie het dit reggemaak? Het hulle nie werkkaarte nie? Ander sê dit word gerapporteer, maar niks gebeur nie.
Wat moet inwoners doen om díé pad reg te kry? Word die fondse teruggehou vir ‘Year-end Parties’ of bonusse?
Nee, kragties, ons betaal belasting en lisensiegelde dan verwag ons diens as ons daarna vra.
Ek weet regtig nie vir wie nóg om te vra nie. Help!
