• Moeg gesloeg Pinehaven-padverbruiker skryf:
Die verkeersligte ‘werk’, maar nie 100% nie. As mens reis vanaf die privaathospitaal in die area wys die verkeersligte rooi, maar bly donker in plaas van groen. Die middelste verkeerslig is weg (seker na die reuse ongeluk).
Die motors wat regs wil draai, moet maar kanse vat en hoop vir die beste. Die wat links wil draai, se lig wys in die teenoorgestelde rigting!
In kort, motoriste weet nie wat aangaan nie, ander vat vet kanse. Dis chaos, veral as dit reën en ongelukke gaan volg …
Is daar iemand wat genoeg omgee om betyds iets te doen?
Teen druktyd het die inwoner laat weet die kruising se verkeersligte werk na byna drie maande, maar dit benodig nog aandag aangesien van die verkeersligte nie vervang is – Red.
Nog ‘n bekommernis is dat die verkeersligte by die privaathospitaal wat ook nou al maande lank nie werk nie. Hoekom dit nie aandag verdien nie, weet geen nugter nie.
Dis erg genoeg dat ons beurtkrag en talle slaggate moet verduur. Daar is geen geldige verskoning om die infrastruktuur so nalatig te verwaarloos nie, of hoe?
