Letters

BRIEF: Huis Nehemiah-seun gee sy skoene vir minderbevoorregte maatjie

Cross Connect Community Outreach (CCCO) se uitvoerende hoof skryf hoe 'n seun van Huis Nehemiah sy skoene vir 'n ander seun by sy skool gegee het.

• Pastoor Kyle Tolman, Cross Connect Community Outreach (CCCO) se uitvoerende hoof skryf:

Ek (Kyle) kom een dag by die seuns se kamer in en soos ek inloop sê *Jaco vir my, “Oom Kyle, ek kort nuwe skoene.”

Ek vra toe hoe dit moontlik is, aangesien ons net twee weke terug vir hom nuwe skoene gekoop het.

Eers probeer Jaco vir my ‘n storie spin van hoe hy dit by die skool vergeet het. “Vertel net die waarheid Jaco,” sê sy boetie. Jaco sê toe hy is jammer dat hy gejok het.

Jaco vertel toe dat daar ‘n baie arm maatjie by die skool is en dat hy nie skoene gehad het nie. Toe besluit Jaco om sy skoene vir hom te gee want hy het tenminste nog tekkies by die huis wat hy skool toe kan dra. Jaco sê hy en sy boetie deel elke dag hulle kosblik met die twee maatjies wat swaar kry en dat hulle vir die maatjies gesê het om hier by Huis Nehemiah te kom bly want hier kry hulle meer as genoeg.

My hart loop oor van dankbaarheid want ek besef dat hierdie kinders verstaan hoe om lief te wees vir hulle naastes. Hulle is bereid om van hulself te gee sodat ander gehelp kan word. Van nou af stuur ons elke dag twee extra kosblikke skool toe. Vandag gaan ons ook vir Jaco ‘n splinternuwe paar skool skoene koop.

*Skuilnaam

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button