Local sportSport

Boksers sal uithaal en wys

Die Wes-Gautengse Bokstoernooi word by Laerskool Protearif gehou.

Die Krugersdorp-Wes Amateur Boksklub (KWAB) het rede om trots te wees nadat hulle boksers onlangs sukses behaal het.

Vier boksers, Dylan Brink, Marco Maree, Brandon van der Westhuizen en Kuanu le Roux is trotse gegradeerdes terwyl Dawie Gouws die beker vir die beste bokser ontvang het tydens ‘n toernooi wat in Junie by die Randgate Boksklub in Randfontein gehou is. Daar het 12 boksers van KWAB aan dié byeenkoms deelgeneem.

Op 27 Julie word ‘n Wes-Gautengse Bokstoernooi by Laerskool Protearif gehou wat deur Avanté Boksklub aangebied gaan word. Sowat tien boksers sal aan hierdie toernooi deelneem.

Johan van Eeden (16), ‘n leerling van die Hoër Tergniese Skool Nic Diederichs en Christian Rossouw (32) ‘n inwoner van Tarlton is onder die boksers wat gaan deelneem. Albei sê dat hulle oefen dat dit klap om suksesvol te wees.

Christian, wat op vyfjarige ouderdom begin boks het nadat sy oupa, wat ook ‘n bokser by dié klub was, hom daaraan blootgestel het, sê hy wil graag eendag professioneel boks.

“Ek kyk op na Ryno Liebenberg wat ‘n professionele bokser is en wat in hierdie klub begin het.”

Christian sê ‘n moeilike lewe het hom op boks laat besluit.

“Ek het foute in my lewe gemaak en het myself net eendag afgevra of dit is hoe ek wil lewe.”

In sy tydperk as amateurbokser was hy reeds 20 keer in die kryt en het net twee gevegte verloor.

Vir meer inligting oor die komende bokstoernooi skakel vir Herman Beukes by 078 322 3381.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button