Local sportSport

Skopbokser wil kampioen klop

'n Randfonteinse inwoner wil die Suid-Afrikaanse Ligswaar kampioen van Krugersdorp van sy title stroop.

Eugene van der Merwe (18) wat Jeremia Makhetha (35), verdedigende Suid-Afrikaanse Ligswaarkampioen van sy titel wil stroop sê dit is een van sy groot doelwitte as ‘n skopbokser.

“Wanneer ek in die kryt klim, gaan my hele hart en siel daarin wees om al die gevegte te wen, maar selfs al kry ek dit nie daardie dag reg nie, gaan ek steeds breëbors kan rondloop omdat ek sal kan sê dat ek teen hom geveg het.”

Hy sê hy oefen daagliks dat dit klap sodat wanneer hy in die kryt staan, hy nie hoef te wonder of hy genoeg vir die geveg ingesit het nie.

“Ek oefen ook kliphard omdat ek my Shihan, Henk Pelser, nie net trots wil maak nie, maar hom ook wil bedank vir die moeite wat hy gedoen het met my skopboksloopbaan hy is die rede dat ek soveel ondervinding deur die jare kon opdoen.”

Die Sapmac 1st Challenge om die titel vind op Saterdag 27 Julie by Silverstar Casino plaas. Die deure maak om 5nm oop en kaartjies vir die geveg, sowel as ander gevegte kos R100 per persoon en sal by die deur te koop wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button