Local sportSport

Weer tyd vir jaarlikse fietswedren

Die skitterende organisasie, veilige roete en goeie gees het oor die jare verseker dat hierdie wedren 'n hoogtepunt op die ernstige en minder ernstige ryer se kalender geword het.

Op Saterdag 24 Augustus kom fietsryers van regoor die land saam vir die jaarlikse EPR Cycle Challenge.

Hierdie gewilde wedren neem die fietsryers deur die pragtige, uitdagende heuwels van die Magalies Meander voordat die meer simpatieke vlaktes van die Noord-Wes aangedurf word.

Die wedren vind oor 120km en 58km plaas.

Die wedren word met trots aangebied deur die hoofborg, EPR Sekuriteit in samewerking met Westgate Wheelers en die Hervormde Kerk Sionspoort, met ondersteunende borgskappe van Lund Afslaers, Rietchard Scrap Metals en Randgate Apteek (wat oudergewoonte twee top-klas fietse geskenk het vir ’n geluktrekking).

Die skitterende organisasie, veilige roete en goeie gees het oor die jare verseker dat hierdie wedren ’n hoogtepunt op die ernstige en minder ernstige ryer se kalender geword het.

Die eerste groep spring om 8vm weg by Tarlton International Raceway.

Inskrywingsvorms is by alle groot fietswinkels beskikbaar en deelnemers kan ook aanlyn inskryf by www.cycleevents.co.za.

Skakel Johan van Staden by 079 516 0884 vir meer inligting.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button