Local sportSport

Boksers gaan na kampioenskappe

Drie boksers van die Krugersdorp Amateur Boksklub gaan na die Suid-Afrikaanse Bokskampioenskap in Betlehem.

Drie boksers van die Krugersdorp-Wes Amateur Boksklub is deel van die Gauteng-span wat van 24 tot 28 September aan die Suid-Afrikaanse Bokskampioenskappe in Betlehem gaan deelneem.

Die groep van die Krugersdorp-Wes Amateur Boksklub wat na die Suid-Afrikaanse Bokskampioenskap gaan.
Die groep van die Krugersdorp-Wes Amateur Boksklub wat na die Suid-Afrikaanse Bokskampioenskap gaan.

Frikkie Gouws, ‘n afrigter sê om teen die res van Suid-Afrika te kan presteer is nie net harde werk nie, maar ook ‘n groot voorreg.

“Ons hoop om die beste span te wees en die spanbeker terug te bring.”

Dit is ook vir hulle meisiebokser, Hester Jardine ‘n baie groot prestasie om vir die eerste keer aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deel te neem.

Frikkie en nog ‘n afrigter, Pieter Matthews is as die junior en jeugbestuurders gekies en sal saam met afrigter Paul Fouché die span na Betlehem vergesel.

Die Gauteng-span bestaan uit 27 boksers.

Richard da Silva en Quintis Reekie van die klub is ook gereed om na die kampioenskappe te gaan.

Quintis sê hy sien daarna uit om aan die kampioenskappe deel te neem.

“Dit is die tweede kampioenskap waaraan ek gaan deelneem en sien daarna uit omdat dit ‘n mens help om selfvertroue op te bou.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button