Kleefpleisters help sportbeserings genees
Wanneer 'n atleet aan sport deelneem is daar altyd die moontlikheid van beserings.
Wanneer ‘n atleet aan sport deelneem is daar altyd die moontlikheid van beserings.
Werner van Heerden van VHF Sport wat in die Noordheuwel Pick n Pay Sentrum geleë is, sê die gebruik van kinesiologie-kleefpleister, ‘n elastiese katoenstrook met akrielgom, het al duisende gebruikers gehelp om vinniger van hulle sportbeserings te herstel.
“Hierdie kleefpleister is verkrygbaar in patrone wat spesifiek gesny is om ‘n besering op ‘n spesifieke plek soos ‘n knie of skouer te help herstel, maar daar is ook rolle waaruit jy jou eie patroon kan sny soos nodig.”
Werner sê die kleefpleister verbeter bloedvloei na die besering en verlig die pyn op die betrokke plek. Dit bied die nodige ondersteuning aan die beseerde areas sonder om mobiliteit prys te gee.
“Dit is belangrik dat jou vel droog moet wees wanneer die kleefpleister vasgeplak word en dat dit op die vel warm gevryf word om te verseker dat die gom behoorlik vaskleef.”
Hy sê indien die kleefpleister reg opgesit word, kan dit tot vyf dae op die betrokke area bly, selfs al swem ‘n mens.
Vir meer inligting kontak Werner van Heerden by 082 337 4282 of vir Ewan Fourie by 072 376 7493.
