Local sportSport

Harlequins spelers met toekennings vereer

Die Harlequins Rugby Klub het sy spelers bedank vir hulle harde werk vanjaar.

Die Harlequins Wes-Rand Rugby Klub het onlangs ‘n toekenningsaand gehou waartydens hulle die junior en senior spelers van die klub vir al hulle harde werk beloon het.

Wat dié toekenningsaand nog meer besonders maak, is dat die spelers deel van dié klub se geskiedenis vorm aangesien Harlequin vanjaar sy 120ste bestaansjaar vier.

Voorsitter Dave Prins sê hulle wil graag die spelers wat die afgelope seisoen met soveel passie gespeel het vir hulle harde werk bedank.

“Omstandighede het dit nie altyd vir ons maklik gemaak om vanjaar te presteer nie, maar ek is steeds trots daarop om ‘n Harlequin te wees.”

Die spelers van die junior spanne het eers elkeen ‘n medalje, sertifikaat en ‘n geskenkpak vir hulle deelname gekry.

Daarna is die volgende toekennings aan die senior spelers gedoen:

Onder 20’s

• Beste voorspeler: Victor Hawla

• Beste opkomende speler: Daniel Kleynhans

• Spelers se speler: Savvas Steenberg

• Speler van die jaar: Frans Chuene

Tweedespan

• Beste voorspeler: Shannon van Blerk

• Beste agterspeler: Taroe Roodt

• Beste opkomende speler: Jakes Pretorius

• Speler se speler: Juan Volschenk

• Speler van die jaar: Chris Grobler

Eerstespan

• Beste voorspeler: Hennie Cordier

• Beste agterspeler: Riaan Maree

• Beste opkomende speler: Johan van den Heever

• Speler se speler: Breda van Schoor

• Speler van die jaar: Ashley Nysschen

Harlequins het ook die volgende beloon:

• Span van die jaar: Tweedespan

• Voorsitterstrofee vir uitsonderlike prestasie: Charné Gates

• Ondersteuner van die jaar: André en Magda de Beer

• Veelsydigste speler: Marthinus van der Linde

• Polisieman-klubman van die jaar: Koos Jooste

• Spelers se speler van die jaar: Gert Pretorius

• Speler van die jaar: Martin de Souza

Na afloop van die toekenningaand het die sangers Tanya V en Gibbon die gaste met hulle musiek vermaak.

Back to top button