Editor's choiceLocal sportSport

Winterstaproetes vir ‘n warm ervaring

Die Stapklub bied aan twee roetes, ideaal geskik vir die koue weer toestand.

Vergeet van die winterkoue en gee jou bloedsirkulasie ‘n warm hupstoot deur twee roetes saam met die Krugersdorpse Stapklub aan te pak.

Die klub beplan om Poskoets op 14 Junie aan te durf.

Die roete is sommer hier in ons kontrei geleë, en loop al met die kruin en hange langs tot by die R28, of andersom tot by die Botaniese Tuin en weer terug.

Ons gebruik die Botaniese Tuin as beginpunt. Dit is ‘n redelike maklike roete, heelwat op- en afdraandes, maar ‘n gemiddelde stapper kan dit lekker stap. Dit is ‘n geskiedkundige roete want die poskoets se roete was aan die voetheuwels van die koppe. Tot onlangs nog was die koetsspore duidelik sigbaar. Die uitsig is pragtig, en op ‘n mooiweersdag kan die Voortrekkermonument gesien word.

Die roete is 10km lank, word redelik goed versorg en is ‘n ideale Saterdagoggendstappie.

Op 12 Julie beplan die klub om die heerlike Hennops te stap.

Hierdie is ‘n baie gewilde roete, redelik lank, sowat 15 kilometer, met baie uitdagings vir die avonturier.

Daar word met ‘n sweefkarretjie oor die rivier gery, dan word daar met ‘n leer afgegaan na ‘n grot wat skuiling bied teen wind en weer. Daar word oor koppe en deur klowe gestap, en wild kan ook gesien word. Goeie stapskoene en genoeg water (en energiestafies) is ‘n moet vir hierdie stap.

Roetegeld van R50 word vir volwassenes gehef. Die omgewing is pragtig en die roete was nog altyd goed versorg.

Dit is ‘n goeie stap vir diegene wat werklik oefening en die buitelug nodig het, maar selfs ook vir dié wat net eenvoudig ‘n goeie wegbreek en ‘n hele oggend in die rustige, pragtige natuur wil geniet.

Vir verdere besonderhede kan Phillip by 083 788 4555 of Babsie by 083 544 1102 geskakel word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button