Bokser se vuiste jeuk
'n Bokser van die Krugersdorp-Wes Amateur Boksklub se tasse is gepak vir Oos-Londen.
Richard da Silva (19) van die Krugersdorp-Wes Amateur Boksklub is reg om houe uit te deel.
Dié bokser en sy afrigter Frikkie Gouws sal binnekort hulle tasse pak vir die Suid-Afrikaanse Elite Kampioenskappe wat gedurende die eerste week in Julie in Oos-Londen in die Oos-Kaap sal plaasvind.
Da Silva is die enigste bokser wat oud genoeg is en die nodige graderingstatus het om sy klub in die kampioenskappe te verteenwoordig.
Gouws, wat as afrigter vir dieselfde kampioenskappe gekies is, sê Da Silva was nog altyd een van hulle boksers wat dié kampioenskappe net-net nie haal nie.
“Maar hierdie jaar het hy alles ingesit om te wys dat hy nie weer daardie geleentheid gaan misloop nie.”
Indien hy sy gevegte wen sal hy tot die nasionale span bevorder word.
