Local sportSport

Mylpale behaal in karate

Twee karatekas van die Krugersdorp Karateklub leef vir dié sport.

Twee karatekas van die Krugersdorp Karateklub in Moorcroftstraat het groot mylpale behaal.

Sensei Leon van Niekerk het onlangs ‘n spesiale toekenning vir 40 jaar se bydrae en toewyding tot karate van SAJKA Karate ontvang.

Alyssa van der Merwe, 16, ‘n leerling van Krugersdorp High School is al nege jaar lank besig met karate en het reeds haar tweede dan op haar kerfstok.

Sy het onlangs tydens ‘n Suid-Afrikaanse Karate Kampioenskap dubbel goud asook haar Gauteng-Wes kleure verower.

In haar vertoonkas pronk talle medaljes waaronder agt internasionaal verwerf is.

Alyssa het Suid-Afrika al in ‘n internasionale karatekompetisie verteenwoordig waar sy vyfde geëindig het.

“Ek is trots op al my prestasies en onthou nog hoe opgewonde ek was toe ek my heel eerste medalje ontvang het,” sê sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button