Goue Leeus veg hard in Grant Khomo-jeugreeks
Monnas se o.16 rugbyspelers was prominente puntemakers tydens die Coca-Cola Grant Khomo jeugreeks.
Die o.16 Goue Leeus skolerugbyspan waarvan sewe Monumentare is het swaar getrek tydens die Coca-Cola Grant Khomo jeugreeks wat Donderdag (10Julie) in Pretoria afgesluit het.
Drie wedstryde is binne drie dae gespeel en die volgende tellings is aangeteken.
Dag 1
Op die eerste dag het die Leeus met KwaZulu-Natal kragte gemeet en met ‘n stywe oorwinning weggestap.
Die eindtelling was 17-22 in die Leeus se guns.
Puntemakers vir die Leeus:
Drieë: Wandisile Simelane, Stefan Moolman (Hoërskool Monument), Sam Eshun
Doelskoppe: Wandisile Simelane (2)
Strafskoppe: Wandisile Simelane
Dag 2
Op die tweede dag was dit die Goue Leeus vs Westelike Provinsie en die Leeus is stof in die oë geskop.
Die eindtelling was 24-11 in die Kapenaars se guns.
Puntemakers vir die Leeus:
Drieë: Cameron Burke
Strafskoppe: Wandisile Simelane (2)
Dag 3
Dag drie was ‘n taai wedstryd vir die Leeus teen die Vrystaat.
Die finale telling was 22-27 in die Vrystaters se guns.
Puntemakers vir die Leeus:
Drieë: Tyrone Green, Tino Jones, MJ Pelser (Hoërskool Monument)
Doelskoppe: Mthi Simelane (2)
Strafskoppe : Mthi Simelane
