Local sportSport

Boogskietklub mik hoog

Die klub wat meer as tien jaar gelede gestig is gaan van krag tot krag.

Die Wes-Rand Boogskietklub wat by die Khosa Klub ingelyf is, gaan van krag tot krag.

Dié klub, wat meer as tien jaar gelede deur Herbert Maier, Leon Vermeulen en Roger Taylor gestig is, het deur die jare baie sukses behaal.

Maier vertel dat die klub in 2001 in Boltonia ontstaan het waarna hulle van plek to plek geskuif het totdat hulle in 2012 by Khosa Klub huis gevind het.

“Vandag spog ons met twaalf aktiewe lede wat baie goeie skutte is. Die jongste en oudste skut is onderskeidelik 8 en 72 jaar oud.”

Hy sê hulle skietbaan is goed genoeg vir langafstande buitemuurs en daar is ook ‘n baan vir binnensmuurse afstande.

“Ons het ook goeie afrigters wat bereid is om te help waar hulle kan.”

Maier is ‘n geakrediteerde afrigter en die klub se voorsitter André Martignone rig ook graag die lede af.

“Die klub het heelwat skutte wat nasionaal sowel as provinsiaal presteer. Ons is ook die enigste klub aan die Wes-Rand wat by die sportorganisasies Sanifaa (Suid-Afrikaanse binnenshuise- en veldboogskietvereniging) en Sanaa (Suid-Afrikaanse Nasionale Boogskietvereniging) geaffilieer is.”

Martignone sê enige persoon wat belangstel om by die klub aan te sluit kan ‘n goeie tweedehandse boog by ‘n tweedehandse winkel kry.

“Enigiemand wat belangstel om by die klub aan te sluit sal deur ons lede gehelp word om goeie boë te vind, omdat ons al die winkels ken.”

Hy sê die klub is baie aktief en neem amper elke week aan kompetisies deel.

Martignone is die enigste skut aan die Wes-Rand wat van 4 tot 9 Augustus aan die Wêreld Veldboog Kampioenskappe in die Verenigde State van Amerika gaan deelneem.

“Dit is ‘n vyf-dag kompetisie en om hiervoor in aanmerking te kom moet ‘n skut goed op nasionale vlak presteer en onder die top vier klasgroep in die land wees,” verduidelik hy.

Vir meer inligting oor die klub, skakel 082 324 4798.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button