Local sportSchool sportSport

Burger nou ‘n volwaardige Bul

Plaaslike rugbytalent 'n moontlike sleutelspeler vir Bulle in wording.

Voormalige Hoërskool Monument-leerling Burger Odendaal het onlangs die news se sportblad gehaal toe hy sy Curriebeker-debuut vir die Vodacom Bulls gemaak het.

Die 21-jarige wat sy talent in tokse op die rugbyvelde van Monnas begin slyp het, is na matriek Tukkies toe.

Hy was dalk ‘n groentjie op kampus maar nie op die rugbyveld nie; in die Vodacom- en Varsitybekerkompetisie het hy vroeg reeds indruk gemaak.

Vandag draf hy saam met bekendes uit en deel die middelveld met die bekende speler en Springbok JJ Engelbrecht.

Hy blyk ook in die goeie boekies van Bulls-afrigter Frans Ludeke te wees wat hom as baie talentvol beskryf en glo dat hy die Bulle se agterlyn iets anders bied.

Na sy debuut was hy weer een van Ludeke se top keuses op binnesenter.

As jy weer voor die kassie inskuif om na ‘n Blou Bul-wedstryd te kyk, kyk gerus uit vir Krugersdorp sy eie Odendaal. Sy kenmerkende lang hare mag dalk vir dié wat nie weet waar om ‘n binnesenter op die veld te soek nie help om Odendaal te eien. Hy dra gewoonlik die nommer 12-trui.

In die vorige artikel wat oor Odendaal gepubliseer is, het die news sy naam by die verkeerde foto gebruik.

Die foto by hierdie artikel toon die regte Burger Odendaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button