Local sportSport

Impala presteer goed

Impala Gimnastiek van Krugersdorp het tydens die Noord-Sone Kampioenskappe uiters goed gevaar.

Die Impala Gimnastiekklub het rede om trots te wees.

Gimnaste van dié klub het van 15 tot 16 Augustus aan die Sentraal-Gauteng Kampioenskappe in Pretoria deelgeneem en volgens die afrigters het dit sommer baie goed gegaan met die Vlak 1 tot 6 gimnaste.

Die Vlak 1 tot 3 seuns en dogters wat altesaam 46 medaljes by die Noord-Sone Kampioenskap verower het.
Die Vlak 1 tot 3 seuns en dogters wat altesaam 46 medaljes by die Noord-Sone Kampioenskap verower het.

Die Vlak 1 tot 3 seuns- en dogtersgroep het na die Noord-Sone Kampioenskap deurgedring waar hulle teen deelnemers van ander provinsies soos Mpumalanga, Limpopo en Vrystaat deelgeneem het.

Louise Gardner, ‘n afrigter sê hulle het 11 brons, 23 silwer en 12 goue medaljes daar verower.

Van 19 tot 20 September het die Vlak 4 tot 6 gimnaste in die Noord-Sone Kampioenskap deelgeneem. Hulle het teen deelnemers van Limpopo, Vaal, Mpumalanga en Suid-Gauteng gekompeteer.

Daar moes hulle hulself bewys om ‘n plek in die Suid-Afrikaanse span te kry. Die klub spog met vier dogters en ses seuns wat van 9 tot 11 Oktober in die strawwe Suid-Afrikaanse Kampioenskap in Kaapstad sal deelneem.

Indien daar kinders is wat deel wil word van die wenspan by Impala kan hulle vir afrigter Linda Coetzer by 072 219 4475 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button