Local sportSport

Laaste vuishou vir die jaar

Altesaam 40 boksers van verskillende boksklubs van regoor die provinsie het aan 'n bokstoernooi in Azaadville deelgeneem.

Altesaam 12 boksklubs van so ver as Springs en Centurion het Saterdag aan ‘n bokstoernooi in Azaadville deelgeneem.

Die Krugersdorp-Wes Amateur Boksklub (Kwab) het dié bokstoernooi aangebied en sê dat dit hulle laaste toernooi vir die jaar is.

Vat so! J Kgampe van Kagiso Boksklub het dié rondte teen E Askew van Northcliff gewen.
Vat so! J Kgampe van Kagiso Boksklub het dié rondte teen E Askew van Northcliff gewen.

Met 40 boksers wat in die loop van die dag in die kryt was, moes toeskouers, skeidsregters en beoordelaars omtrent kophou.

Daar was vyf verskillende bokskategorieë waarin die boksers kon meeding.

Susan da Silva van Kwab sê dit was ‘n lekker manier om die boksseisoen af te sluit.

Skeidsregter Frikkie Gouws wys hier vir M Blignaut (links) van Randgate aan as die wenner nadat hy vir S de Villiers (regs) in die juniors-kategorie geklop het.
Skeidsregter Frikkie Gouws wys hier vir M Blignaut (links) van Randgate aan as die wenner nadat hy vir S de Villiers (regs) in die juniors-kategorie geklop het.

“Dit was regtig ‘n baie suksesvolle dag en almal het dit geniet.”

Sy bedank ook die borg van die dag, Mogale City Plaaslike Munisipaliteit, wat so ‘n sportgeleentheid moontlik gemaak het.

A Buakwe (regs) van Randgate koes hier vir die hou van D Dyasi (links) van South Hills.
A Buakwe (regs) van Randgate koes hier vir die hou van D Dyasi (links) van South Hills.

“Hulle het ons baie tegemoetgekom en ons selfs gehelp om ‘n lokaal te kry wat groot genoeg was. Ons bedank hulle en almal wat tot die dag se sukses bygedra het.”

Sy sê sy sien reeds uit na volgende jaar se suksesse.

Van die Wes-Randse boksklubs wat deelgeneem het sluit in Randgate en Sparks van Randfontein, Witpoortjie in Roodepoort en Avanté in Tarlton.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button