Local sportSport

Toutrek nie vir sissies nie

Die Mogale Toutrekklub het albei die kategorieë waarin hulle deelgeneem het, gewen.

Die Mogale Toutrekklub-lede het rede om te glimlag.

Dié klub het onlangs aan hul heel eerste toutrekkompetisie in Potchefstroom deelgeneem en as wenners weggestap.

Maar dit was beslis nie ‘n maklike taak om kragte met die ander vyf spanne te meet nie, sê deelnemer Ian du Plessis.

“Dit is beslis nie vir sissies nie. Om vir kompetisies voor te berei verg baie werk, oefening en vasbyt.”

Hy sê hulle was agt in ‘n span wat in twee kategorieë, naamlik die 580kg en 640kg, deelgeneem het. Altesaam tien deelnemers is saam Potchefstroom toe en is deur Vince Wilson, ‘n voormalige Springbok-toutrekkampioen afgerig wat ook al aan wêreldkampioenskappe deelgeneem het.

“Ons was regtig verbaas toe ons hoor ons het die kategorieë gewen, maar dit gaan nie beteken dat ons agteroor gaan sit nie,” sê Du Plessis.

“Ons weet ons het nog ver om te gaan en is bly om te sien dat ons reeds op die regte pad is. Dit was al wat ons eintlik wou sien met die kompetisie.”

Hy sê die klub beoog om volgende jaar ‘n span te hê wat in Julie aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gaan deelneem.

Du Plessis sê hy is al jare lank verbonde aan Gateway se toutrekklub en omdat daar nie enige ander toutrekgeleenthede in Krugersdorp is nie, het hy besluit om een hier te stig.

“Ek het ‘n groot passie vir die sport en wil nog iets daarmee bereik, soos om aan wêreldkampioenskappe deel te neem.”

Hy sê hy wil ook graag vir Gerhardt Nieuwoudt, stasiebevelvoerder van die Wes-Rand Distrikmunisipaliteit se nooddienste bedank vir al die hulp wat hy en die brandweerstasie hulle bied.

Enigeen wat deel van die klub wil word kan vir Du Plessis by 083 260 6718 of vir Pieré Gouws by 082 447 3237 kontak vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button