Local sportSport

Nuwe tennisvoorsitter het groot planne

Marcel Grobbelaar kry die tennisbal aan die rol voor die huidige seisoen tot 'n einde kom.

Krugersdorpers kan uitsien na ‘n opwindende tennisseisoen vir die jaar wat voorlê nadat hulle ‘n nuwe voorsitter vir die D2-streek verkies het.

Marcel Grobbelaar, tennisafrigter en nou voorsitter van die D2-streek, beoog om die sport weer gewild te maak in die dorp.

“Tennis het ‘n baie ryk geskiedenis in die Wes-Rand area.”

Alhoewel minder spelers die laaste paar jaar by tennis betrokke was, strewe Grobbelaar daarna om die gemeenskap weer bewus te maak van die Noordheuwel Tennisklub en die sport.

Hy beoog om strukture daar te stel by skole en klubs om deelname tot op kompetisievlak te bevorder.

“Een van ons grootste uitdagings is dat die gemeenskap nie weet waar die tennisklub is nie,” het Grobbelaar gesê en glo dat dit ‘n rol in die gebrek aan belangstelling in die eens gewilde sport speel.

“Daar is deesdae so min tennisklubs wat skole en die publiek kan gebruik.”

Die Noordheuwel Tennisklub waar Grobbelaar afrig spog met 10 prag bane met ‘n uitsig oor die R28 asook die Krugersdorp Gholfbaan.

“‘n Spesiale dankie aan Dunlop vir hulle ondersteuning aan die top spelers met toerusting en borge, en hulle bystand aan die klub.”

Grobbelaar beoog om ‘n opwindende vakansieprogram vir die juniors te loods en nooi ook die hele gemeenskap om by die klub aan te sluit deur hom by 072 641 7728 of epos 4me@gmail.com te kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button