Boksers se harde werk beloon
Die Krugersdorp-Wes Amateur Boksklub het hulle hardwerkende boksers onlangs met toekennings vereer.

Die Krugersdorp-Wes Amateur Boksklub het hulle boksers vir al hulle harde werk tydens ‘n toekenningsgeleentheid met ‘n piekniek by Weavers Roost beloon.
Die volgende boksers het wisseltrofeë ontvang:
• Beste tegniese bokser – Shane Niemandt
• Moedigste bokser – Charl engelbrecht
• Beste senior tegniese bokser – Chris Oosthuizen
• Beste senior beginner – George Groenewald
• Beste junior beginner – Jayden Powdrell en Looseboy Gaobuse
• Beste afrigter – Paul Fouché
• Beste gemotiveerde beginner – Christo Hamman
• Wetenskaplike bokser – Richard da Silva
• Tegniese jeug bokser – Dawid Gouws
• Meeste potensiaal – JP Jardine
• Opkomende bokser – Shawn Kruger
• Sportmeisie van die jaar – Charlene Engelbrecht
• Sportseun van die jaar – Dawid Gouws
• Hoofafrigterskeuse van die jaar – Jassie Kotze
Verskeie boksers het ook sertifikate ontvang vir deelname aan die Wes-Gauteng en Suid-Afrikaanse Bokskampioenskappe.
Boksers is ook volgense hulle ondervinding vanjaar gegradeer.
Die Krugersdorp-Wes Amateur Boksklub bedank graag al die ouers, afrigters en beamptes wat hulle gehelp het om die jaar suksesvol af te sluit.
