Local sportSport

Rugbygeeste besoek dorp

Dit was 'n heerlike dag op die veld toe verskeie rugbyklubs Harlequins Wes-Rand besoek het.

‘n Groot eer het die Harlequins Wes-Rand onlangs te beurt geval toe verskeie Gautengse rugbyklubs hulle vir die eerste keer kom besoek.

Groot spanne in plaaslike rugbykringe soos Kempton Park se Wolwe, Harlequins Pretoria en Nigel was van die gaste wat tydens ‘n vriendskaplike wedstryd op die Johanna Botha Sportkompleks se velde in Krugersdorp-Wes gespeel het.

"Nee! Dis my bal!" is wat hierdie eerstespanspeler van Nigel tydens die kragmeting teen Harlequins Wes-Rand seker geskree het.
“Nee! Dis my bal!” is wat hierdie eerstespanspeler van Nigel tydens die kragmeting teen Harlequins Wes-Rand seker geskree het.

Die kwik het bly styg en die sweet het die spelers van twee Harlequins rugbyklubs afgetap – hulle het al kliphard gewens die natuur sal hulle met ‘n lafenisie verras.

Charné Gates, Harlequins WR se klubbestuurder het gesê toe die bedekte seëning in die vorm van reën oor die dorp toesak, maar ook donderweer saambring, was hulle op ‘n kol bietjie benoud.

"Keer hom!" het Harlequins Wes-Rand se eerstespan moontlik hier geskree toe hulle Nigel-opponent  met die bal wou spore maak.
“Keer hom!” het Harlequins Wes-Rand se eerstespan moontlik hier geskree toe hulle Nigel-opponent met die bal wou spore maak.

“Maar die donderweer was gou verby en die reën het al hoe minder geword voordat die son weer uitgekom het.” Die rugby het voortgaan en ondersteuners het hard vir hulle onderskeie spanne skree om punte aan te teken, het sy gesê.

“Dit was regtig ‘n ongelooflike lekker dag. Die voete wat ons hier gehad het en die ondersteuning van almal was ‘n belewenis.”

Daar was heerlike versnapperinge te koop aangebied terwyl toeskouers die wedstryde op die veld gevolg het.

Die wedstryd tussen Harlequins WR en Nigel se eersterugbyspanne was beslis die kersie op die koek met ‘n paar tandknersende oomblikke.

“Ons is baie tevrede met hoe die dag verloop het en ook oor die beeld wat ons na ander kon uitdra. Geen bakleiery of ander geweld op die sportveld is aangemeld nie,” het Charné gesê.

'n Rugbyspeler van Harlequins Wes-Rand se onder 20's probeer van die Harlequins Pretoria wegkom.
‘n Rugbyspeler van Harlequins Wes-Rand se onder 20’s probeer van die Harlequins Pretoria wegkom.

Harlequins WR het ‘n vol rugbyprogram om hulle goed vir die rugbyliga in April voor te berei. Hulle volgende tuiswedstryd sal op 21 Maart teen die Vaal Vikings wees.

Enige belangstellendes wat deel van die rugbyklub wil wees kan vir Charné by 073 466 5861 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button