Visse byt al te heerlik tydens kompetisie
Die Wes-Rand Hengelklub het onlangs aan 'n hengelkompetisie by die Hartbeespoortdam deelgeneem.
“Hartbeespoortdam is ‘n lekker dam waar die vissies die heeldag byt.”
Dié lirieke van ‘n bekende Afrikaanse liedjie het moontlik by ‘n onlangse visvang klubkompetisie by die Hartbeespoortdam in De Rust aanklank gevind toe die Wes-Rand Hengelklub altesaam 483 visse uitgetrek het.
George Wheeler, voorsitter van die hengelklub het gesê 27 hengelaars het vir die dag lyn gegooi en in die toegelate agt uur het die visse die skaal laat kreun op 396,192kg.
Hy het gesê dit was vir hulle ‘n baie lekker dag langs die water en in die son.
Wheeler het voorts gesê indien daar enige belangstellendes is wat by die klub wil aansluit kan hulle hom by 082 829 8803 of 074 189 6977 kontak.
Hy kan ook per epos op wheeler@vodamail.co.za gekontak word.
