Vinnige vuiste onderweg na Grahamstad
Twee boksers is reg om nie net medaljes terug Krugersdorp toe te bring nie, maar ook om meer oor die sport te leer.
Twee boksers van die Krugersdorp-Wes Boksklub gaan die koue Oos-Kaap volgende maand vir ‘n groot nasionale kompetisie aandurf.
Charlene Engelbrecht en Mighty Moilwa het tydens ‘n onderhoud met die News gesê hulle is baie opgewonde om die Gauteng-span in die Suid-Afrikaanse Bokskompetisie te kan verteenwoordig en sien daarna uit om meer in die kryt te leer.
“Alhoewel ek ‘n bietjie gestres is, is ek vol vertroue dat ek goed gaan vaar omdat ek die laaste ruk baie hard geoefen het,” het Charlene gesê.
“Ek wil graag goud vir my klub terugbring.”
Mighty, wat uit ‘n familie van amateurboksers kom en reeds aan ‘n rits SA-kompetisies deelgeneem het, het gesê hy sien uit na sy eerste kompetisie in Grahamstad.
“Dit gaan my vyfde SA’s wees en ek kan nie wag om te sien wat hierdie jaar se kompetisie vir my gaan bied nie.”
Hy het gesê hy weet wat dit verg om bo uit te kom en verwag om teen die bestes van die bestes te staan te kom.
“Ek wil ook goud terugbring huis toe!” het hy gesê.
Tony Laranja, klubvoorsitter het gesê hy is trots op die boksers.
“Dit is vir seker ‘n baie groot prestasie vir ons klub. Dié klub het reeds soveel deur die jare gegroei en dit is net te danke aan goeie afrigters en die samewerking van die boksers.”
Verwante artikels:
• Dié leeu gaan lê nie in die kryt nie
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
