Local sportSport

Wes-Rand stoei se welpietrots

Die Wes-Rand Stoeigimnasium het onlangs hul jaarlikse Welpie Stoeitoernooi aangebied.

Die Wes-Randse Stoeigimnasium het onlangs hul jaarlikse Welpie Amateurstoernooi by die Witpoortjie Ontspanningsentrum gehou.

Meer as 100 inskrywings van agt verskillende stoeiklubs is ontvang wat Johan Theron, Jannas, Fochville, Ruiter, Vanderbijlpark, Akasia en Danie van Zyl insluit.

Afrigter Johan van Biljon help hier vir 'n stoeiertjie tydens 'n oefensessie by die Wes-Rand Stoeigimnasium in Witpoortjie.
Afrigter Johan van Biljon help hier vir ‘n stoeiertjie tydens ‘n oefensessie by die Wes-Rand Stoeigimnasium in Witpoortjie.

Onder 6- tot onder 16-stoeiers het in verskeie kategorieë deelgeneem.

Die Wes-Rand Stoeiklub het die eerste plek gevat toe hulle vier goud- en vyf silwermedaljes ingepalm het.

Morné Maree, ’n afrigter, het gesê na die strawwe kompetisie het almal tot laataand gekuier.

“Daar is potjiekoskompetisies gehou, springkastele opgeslaan en verskeie ander aktiwiteite om jonk en oud besig te hou.”

Hy het gesê stoei by die Wes-Rand Stoeigimnasium is nie net vir kinders (seuns en dogters) bedoel nie, selfs mans ouer as 40 kan ook aansluit.

Oefentye is elke Maandag van 6.15nm tot 7.30nm en Woensdae van 6.15nm tot 8nm.

Vir meer inligting kontak Maree by 083 626 0299 of vir Juan Nel (hoofafrigter) by 082 389 6046. Enige navrae rakende registrasies kan aan Maryna Welman by 082 873 9421 gerig word.

Verwante artikels:

Stoei aan’t groei aan die Wes-Rand

• Stoeiertjies is SA-kampioene

Aucamp Klopper tydens een van die oefensessies by die Wes-Rand Stoeigimnasium.
Aucamp Klopper tydens een van die oefensessies by die Wes-Rand Stoeigimnasium.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button