Local sportSport

Vaaldam se visse nie bang om hoek te vat op koue wintersdag

Hengelaars van die Wes-Rand Hengelklub geniet die Vaaldam se oewer.

Nie eens die koue wintersoggend kon die hengelaars van die Wes-Rand Hengelklub uit die water hou nie.

Die hengelaars het onlangs by die Vaaldam by die plaas Morgenzon gaan hengel, ‘n nuwe oewer wat nog nie deur die lede gehengel is nie.

George Wheeler, klubvoorsitter het gesê al was dit ‘n tipiese wintersdag het dit lekker warm geword later in die dag en dat die lede die dag se aktiwiteite baie geniet het.

Hy vertel dat Hennie Vermaak, die klub se jongste toevoeging en ‘n beginner stof in ander hengelaars se oë geskop toe hy die grootste vis van die dag gevang het.

Sy vangs was ‘n graskarp van 4,395kg in gewig.

Maar in die eerste algehele plek het Marius Redelinghuys koning gekraai met sy 18 vangste wat die skaal op 25,240kg laat kreun het.

In die tweede plek was Louis van den Berg wat altesaam 15 visse teen ‘n gewig van 8,021kg gevang het. Piet Johnson het die derde plek beklee nadat hy 10 visse teen 10,543kg in gewig gevang het.

Die vroue het ook nie teruggestaan nie. In die eerste plek was Magdalena van Aarde wat vier visse teen 2,327kg gevang het en in die tweede plek was Christa van den Berg met haar drie visse wat 2,626kg sterk gestaan het.

Indien daar enige belangstellendes is wat by die klub wil aansluit kan hulle vir George by 082 829 8803 of 074 189 6977 kontak.

Hy kan ook per epos by wheeler@vodamail.co.za gekontak word.

Verwante artikels:

• Hengelstaatmakers ontvang toekennings

• Visse byt al te heerlik tydens kompetisie

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button