Local sportSport

Stapprogram vir volgende twee maande

Kom stap saam ... want dis goed vir jou!

Die Krugersdorpse Stapklub gaan Achterberg hierdie maand en Groenkloof in September aanpak en nooi stappers uit om by hulle aan te sluit.

Die roete by Achterberg word vir 8 Augustus beplan.

Hierdie roete is sommer teen ons dorp – van die bymekaarkomplek af is dit omtrent 10 minute se ry. Maar dit maak die roete nie minder mooi nie. Die beginpunt is in ’n kloof, en daar word met die spruit langs oor die berg gestap. Daar is ’n waterpypleiding en ’n plek waar mense rekspronge doen.

Die omgewing is pragtig en die roete is ook plek-plek oopgekap. Veral waar dit in die verlede dig bebos was, is dit nou mooi en maklik om te stap. Bo-op die koppe het jy ’n panoramiese uitsig oor die omgewing daar vêr onder. Dit is ’n roete wat aan meeste van ons klublede bekend is.

Vir 12 September word die Groenkloof-roete beplan.

Dit is een van ons gunsteling staproetes – dis in die Pretoria Tuine, in die nuwe wildreservaat geleë.

Dit is 10km lank en is werklik ’n pragtige roete, met sy effense moeilik-faktor, maar al die wilde diere (nie die groot vyf nie) is ’n bonus. Daar is verskillende rooibokke, wildebeeste, kameelperde en kwaggas; ’n fees vir die oog.

Veral kinders geniet hierdie roete baie. Die omgewing is baie mooi, en bedoel vir diegene wat ’n bietjie gemakliker wil stap. Die roete is baie goed versorg.

Bergfietsryers gebruik ook die omgewing, maar ry nie op die stappers se roete nie.

Jy kan nog ’n trein daar onder sien verbyry, en daar is ook verkeer ver onder, maar jy sien dit nie heeltyd nie, net so aan die begin van die roete.

Daar is ’n mooi piekniekterrein waar geparkeer word, en hier word gewoonlik gebraai as daar klaar gestap is.

Stappers vergader by Heritage Square in Cecil Knightstraat, Krugersdorp-Noord om 7.15vm en vertrek weer om 7.30vm.

Vir verdere besonderhede kan Lu by 083 235 1958 of Phillip by 083 788 4555 geskakel word.

Verwante artikels:

• Heerlike staproetes vir hart en siel

• Met dapper en stapper

• Begin die jaar met ‘n huppel in jou stap

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button